Vir betroubare bykomende kragvoorsiening aan jou woning kontak Novalenz - Riaan Cruywagen

Posted by SAPAC Reporter on

"Vir betroubare bykomende kragvoorsiening aan jou woning kontak Novalenz!" - Riaan Cruywagen

Resensie geskryf: Riaan Cruywagen
Publikasie: Deur SAPAC Nuus


Die ongerief en ontwrigting van beurtkrag

Die ongerief en ontwrigting van beurtkrag het my ook soos duisende ander mense genoodsaak om maatreëls te tref vir betroubare bykomende kragvoorsiening aan my woning. 

Dit is belangrik dat die installeerder van so 'n stelsel net so betroubaar moet wees soos die produk self.  Na omvangryke navorsing en gesprekke met kundiges het my keuse op Novalenz van Voorbaai in Mosselbaai geval om 'n hibriede Sunsynk-stelsel in my huis te installeer.

Die hoogs professionele diens wat ek van Rhyno en Yolandi van Rooyen ontvang het, is uitsonderlik.  Hulle het 'n stelsel aanbeveel wat binne die perke van my begroting volkome aan my en my vrou se behoeftes voldoen.

Ek kon met van hulle ander kliënte in verbinding tree, wat sonder uitsondering hul volkome tevredenheid met Novalenz se advies en diens uitgespreek het.

Geen goeie aanvullende kragstelsel is goedkoop nie – die spreekwoord lui immers dat 'n mens net kry waarvoor jy betaal.  Daar is 'n groot verskeidenheid veel goedkoper omsetters en batterye in die kleinhandel beskikbaar, maar ongelukkig is goedkoop ook dikwels duurkoop. 

Ek was vasberade om 'n werklik betroubare stelsel met goeie naverkoopdiens te laat installeer.  Dit is vir my aangenaam om te kan sê dat ek diep beïndruk is met die puik diens wat ek van Rhyno, Yolandi en hul hoogs professionele span installeerders ontvang het.  Die Sunsynk-stelsel funksioneer foutloos soos 'n droom.  Ek kan Novalenz gevolglik met groot vrymoedigheid aanbeveel.

Riaan Crywagen next to installation performed by Novalenz Electrical and Solar Specialists

 Riaan Cruywagen, Mosselbaai


Druk graag die skakels om kontak te maak met "Novalenz Electrical and Solar Specialists" 

Novalenz Electrical and Solar Specialists

Skakel ons hier

CALL US NOW Button (contact hotline phone customer service) Stock Vector |  Adobe Stock

WhatsApp Besigheids lyn
admin@novalenz.co.za
Contact us | CableDNA

Follow our Social Page


Unit 2 Trimenco Park, 11 Parsons Avenue, Voorbaai, Mossel Bay, South Africa

Areas we service: Southern Africa & Namibia
Druk die kaart na Novalenz Kantoor

Besoek ons Webwerf


Druk hier om meer te-wete te kom oor ons Firma 
Novalenz Electrical and Solar Specialist

 

Date and Time with SAPAC

Date and Time with SAPAC


Share this post



← Older Post Newer Post →